Kom stap saam met my!
Voor ons huis hang pienk trosse blomme.
Ligroos spatsels kleur tussen die blare van die karee en die silwereik.
'n Entjie laer in die straat af, ligpers.
Ligroos en wit, wit, wit...
Dit het my onwillekeurig laat dink aan die mooi lied uit "My Fair Lady": On the street where you live
Interessante feite: Pride of India
Lagerstroemia indica (Botaniese naam) | Skubliesroos (Afrikaanse naam) | Pride-of-India |
Wat 'n voorreg om te kan sien en om te geniet!
Không có nhận xét nào:
Đăng nhận xét