Van geslag tot geslag vloei dié liefde soos 'n sagte stroom water deur die are, dit lawe as mens moeg voel, dit troos as mens alleen voel. Dit salf enige gemoed. Dis inspirasie op sy beste. Dis tuinmaak!
Met die winter op hande, is daar min dinge so lekker as om 'n mens steeds te verlustig in die wonderwerke wat die natuur ons bied. Kom kuier saam in my eersgeborene se tuin....hier groei vetplantjies vol vrede en haar geliefde kat Kara vorm deel van die dekor...

Troos
Ek wil vir jou ‘n rietdakhuisie bou
met woorde, keurig uitgesoek
met deur en vensters wat kan sluit
om rowers van jou vrede uit te hou.
‘n Rystoel, waar die sonlig val
waar jy kan skommel, tyd verwyl
met boeke lees, of rympies maak
of sommer heeldag oop-oog droom
totdat jy weer teen skemer uur
‘n vetkers aan die brand moet steek.
Ek wil vir jou, diep in ‘n bos
‘n kalm, knusse skuiling skep
waar niemand ongevraagd oortree;
met dennegeur en voëlgesang
as troos, totdat jy ophou treur.
‘n Kruietuin plant ek vooruit
met roosmaryn en wilde als
hartkruid, wynruit en soet jasmyn
en knoffel om die bose te besweer.
Ek wil hiermee dan elke dag
‘n kruiedrankie vir jou meng
totdat jou lag weer helder klink
jou oë blink, jy fier kan staan.
Ek wil vir jou ‘n sonstraal vang,
dit stralend om jou hoedband bind
sodat, wanneer finaal genees
jy weer alleen, jou weg kan vind.
Madeleine Spies Eilerd ©
Không có nhận xét nào:
Đăng nhận xét