Thứ Sáu, 3 tháng 10, 2014

Naaldwerkkarnaval


Vir 'n geruime tyd weet ons hier in Bronkies al van die Naaldwerkkarnaval wat in Pretoria gaan plaasvind.  Die doel hiervan is om die publiek meer bewus te maak van wat die Vlu-dames alles doen en waaroor Vroue Landbou Unie nou eintlik gaan. Heelwat van Van Riebeecktak se lede spring dus aan die werk en dertien artikels word ingeskryf. Ons tema:
 LEEF UITBUNDIG!

                     Naaldwerkkarnaval by Moreletakerk in De Villebois Mareuilstraat
Donderdag 2 Oktober 2014 vanaf 10:00 tot 20:00
Vrydag 3 Oktober 2014 vanaf 9:00 tot 16:00
In die rooi en pers sale
Kom leer 'n nuwe kreatiewe vaardigheid aan
Naaldwerkmasjiene en alles te koop vir naaldwerk,
kralewerk, kwiltwerk, borduurwerk, brei, hekel,
appliek, Mola, kloskant, masjienborduurwerk
Deurlopende werksessies en demonstrasies
Vir meer inligting skakel Jeanette 012 345 3284/083 964 4335
 
Nà die beoordeling lyk ons punte so:
En in ons stalletjie pryk 'n wonderlike en welverdiende sertifikaat:
Ja, wenners van die Naaldwerkkarnaval!
Ons is so bly! Die lekkerte van deelname, die baie kennis wat opgedoen word in die proses, die heerlike samewerking onder ons lede, alles was die moeite werd. 'n Groot dankie moet aan ons tak se kompetisiesekretaresse, Emma Pretorius, gaan. Sy kan mense aanmoedig en aanspoor om dinge aan te pak wat hulle gewoonlik nie sommer sal doen nie. Ek het bv. in my hele ses  dekades  + etlike jare nog nooit "scrapbooking" gedoen nie, tog het ek 'n poging aangewend en 'n artikel ingeskryf vir die Karnaval. En baie geleer!
 
Ons tak se vaandel
 
Ons tak se kwilt wat al by so baie geleenthede sy doel gedien het asook al dertien artikels wat ingeskryf is.
 
                      'n Gebreide kussingoortreksel - Sally Ferreira.
 Masjienwerk - Emma Pretorius
Gaasborduurwerk - Marié Smit
 
Tunisiese hekelwerk - Annatjie Bezuidenhout

 Scrapbooking - Elizabeth Kendall

 Quilling _ Wiesie Carlile
 Herwinningsartikel - Zelda Theart
 
 Kruie-asyn - Petra Maritz
 Hekelwerk - Marié Smit
 
Blommerangskikking - Luitha de Jager
 
Malvalekkers - Maryna Olivier
 
Nouja, volgende jaar maak ons weer so! Mag ons werk en ons voorbeeld vir ander 'n inspirasie wees. Mag elkeen weet dat talente gegee is om gebruik te word. Mag die Vroue Landbou Unie in Suid-Afrika steeds groei. Ek is en bly 'n trotse lid van Van Riebeecktak in Bronkhorstspruit en ook van SAVLU.